Kliekclick is vir mense wat weet dat om te kan lees, NOODSAAKLIK is.

Kliekclick maak lees lekker deur seker te maak dat kinders mal sal wees oor ons stories.

Ons doen dit so:

Ons vra kinders van watter stories hulle hou.
Kinders kan self stories skryf.
Die stories is van kort tot langer en lank. Daar is ook vervolgverhale.
Die stories is goedkoop – baie.
Jy (of jou ouers) kan op verskillende maniere VEILIG betaal.

Lees die stories ORAL
- in boeke
- op ’n tablet
- op ’n selfoon / slimfoon
- op ’n rekenaar.

Kliekclickers weet dat as mens nie lees nie, jy KLAAR verloor het!
Word ’n Kliekclicker vir ’n daaglikse lees kick!

Kliekclick is ’n maatskappy en word bedryf deur:

  • ’n storieskrywer, iemand wat mal is oor lees en jare se ervaring oor die uitgee van kinder-en jeugstories het
  • iemand wat weet hoe om te bemark – veral op sosiale media
  • ’n ontsettende goeie illustreerder
  • ’n slim IT-fundi.

Al vier is vrouens, drie is blond en een is nie, maar al vier is cool en het HOPE wonderlike idees.