Kliek vir jou Storie-kick!

Kliek hier vir die Kliekclick Storiewinkel

Om ’n e-storie te kan lees moet jy ’n e-leser op jou (of jou ouers) se rekenaar, tablet of slimfoon hê.
Ons weet jy het nou duisende vrae:

  • Waar kry ek ’n e-leser? Daar is so baie! Watter een moet ek kies?
  • Ek wil graag ’n e-storie lees, maar is nie seker hoe nie?
  • Ek het ’n e-leser op my rekenaar, tablet of slimfoon maar weet nie hoe om dit oop te maak nie?

KliekClick is hier om jou te help om die wêreld van e-stories maklik en vinnig te verstaan.

Eers het jy die regte e-lesertoepassing (application) nodig.

Die volgende e-lesers lees die volgende formate. Maak baie seker dat jy die regte formaat vir die regte e-leser aflaai, anders gaan jou leespret sommer vinnig in ellende verander.

  • Kindle: .mobi/kf8
  • Kalarahi: .epub
  • Adobe Digital Editions: .epub
  • Kobo: .epub
  • iBooks: .epub

Volg hierdie 3 maklike stappe om jou eerste e-leser af te laai en jou e-storieversameling te begin:

Stap nommer 1
Het jy ‘n e-leser?
Stap nommer 2
Kliek hier om ‘n e-leser af te laai.
Stap nommer 3
Kliek hier om die e-stories te sien. Lekker lees!