Hierdie webwerf gaan jou lewe verander

Hier kan jy lees (en skryf) net wat jou hart begeer:

  • stories oor grillerige, grieselrige en afskuwelike goed wat jou hoendervleis tot in jou kleintoontjie sal gee
  • stories wat so snaaks is dat jy sal lag en lag – daai melkskommel-deur-die-neus-tipe lag
  • liefdesverhale wat jou hart marshmallows sal laat pomp
  • wetenskapfiskie wat jou lag-lag (en gril-gril) slim sal maak
  • avontuurverhale waaroor jy in die nag gespanne sal lê en wonder

En as jy nie van een van hierdie soort stories hou nie, praat met ons. Ons luister na jou. Ons dink ons lesers is belangrik!!

Daarom vra ons jou ook om elke storie te beoordeel met ★ of ★ ★ of ★ ★ ★ sterretjies. Dan weet ons van watter soort storie jy die meeste hou.

Nie net kan jy na hartelus lees nie, maar jy kan ook SKRYF. En as jou storie werk, plaas ons hom op die webwerf en verdien jy geld daarvoor.

Nie net is die stories op Kliekclick goedkoop – baie, baie goedkoop nie – maar elke week pos ons OOK gratis stories en grappies.

Vir ’n lees-kick is daar nie ’n beter plek as Kliekclick nie.


Weet jy hoe? Volg hierdie 3 maklike stappe om te begin:

Stap nommer 1
Het jy ‘n e-leser?
Stap nommer 2
Kliek hier om een af te laai.
Stap nommer 3
Kliek hier om stories te sien. Lekker lees!